Mt. Sopris Outdoor Tradin' Post


In die goeie ou dae het die ontdekkers maar 'n rowwe lewe gehad. Hulle het nie tente gehad nie, op die harde grond geslaap, koud gekry in die winter, en papnat gereën.

Maar, ons moderne mense het dit baie maklik in die buitelewe danksy polimere. Ons kos en klere bly droog danksy nylon rugsakke soos die een wat Nick dra. Gelukkig is daar ook poliuretaan skuimrubber binne die bande wat oor jou skouers sodat die rugsak lekker sag sit en jou nie skaaf nie.

Maar seker die heel belangrikste is dat dit nie meer 'n probleem is om droog te bly nie, danksy waterbestande baadjies soos hierdie Gore-Tex baadjie. Dit word gemaak van politetrafluoroetileen en poliuretaan. Dit hou die water uit, maar laat die sweet verdamp. Dit kan gedoen word omdat die porieë te klein is vir waterdruppels om in te gaan, maar groot genoeg vir waterdamp om uit te gaan.

Hierdie tent en slaapsak is gemaak van nylon. En as jy nie op die harde grond wil slaap nie, kan jy so 'n poliuretaan skuimrubber matrassie onder jou slaapsak sit.

Terwyl ons nou terug in die natuur is, kan ons sommer na 'n paar natuurlike polimere kyk. Hierdie stapskoen is gemaak van leer. Leer bevat proteïne. Die sool van die stapskoen bestaan uit baie lae, waarvan ten minste een van natuurlike rubber gemaak kan word (om as 'n skokdemper te dien). Dit is 'n polimeer wat van 'n boom af kom, die hevea brasilensis boom as jy wou weet. Die chemiese naam vir natuurlike rubber is poliisopreen. Maar die skoen het ook heelwat sintetiese polimere in. Die heel onderste laag van die sool word gemaak van 'n harde sintetiese rubber, SBS rubber. Die veters word gemaak van nylon.



Voorheen, as jy dors was, kon 'n mens maar sommer uit enige bergstroompie gedrink het. Deesdae is hulle nie meer almal so skoon nie, en is dit maar beter om jou eie water in 'n poliëtileen kan saam te dra. En, as jy nie wil water hê of nat word nie, dan is hierdie poliisopreen rubber pak dalk net die ding om te dra.





Terug na die Vlak Een Kaart


Terug na die Macrogalleria Indeks


Kopiereg Voorbehou ©1995,1996 | Department Polimeerwetenskap | Universiteit van Suid-Mississippi