Sellulose


Vir 'n vinnige oorsig oor sellulose, kliek hier!

Sellulose is een van die baie polimere wat in die natuur aangetref word. Hout, papier en katoen bevat almal sellulose. Sellulose is 'n uitstekende vesel. Hout en katoen tou word gemaak van veselagtige sellulose. Sellulose bestaan uit herhaaleenhede van die monomeer glukose. Dit is presies dieselfde verbinding wat jou liggaam gebruik in sy metabolisme vir oorlewing, maar kan dit nie in die vorm van sellulose verteer nie. Omdat sellulose opgebou is uit suiker monomere, word dit 'n polisakkaried genoem.

Kyk nou hoe lyk glukose in 3d!

Sellulose het 'n belangrike plek in die geskiedenis van polimere, aangesien dit gebruik was om van die eerste sintetiese polimere te vervaadig, soos byvoorbeeld sellulose nitraat, sellulose asetaat, en rayon. Kliek hier om meer uit te vind.

Skoon hare!

'n Ander sellulose afgeleide is hidroksietielsellulose. Dit verskil van gewone sellulose deurdat van (of al) die hidroksielgroepe (rooi) op die glukose herhaaleenheid vervang word met hidroksietiel etergroepe (blou).

Hierdie hidroksietielgroepe sal verhinder dat 'n polimeer kristalliseer. Hidroksietielsellulose is dus oplosbaar in water, 'n goeie lakseermiddel, en word ook gebruik om sjampoe's dikker te maak. Dit help ook dat die seep in 'n sjampoe minder skuim, en help in die skoonmaakproses deur 'n kolloïed om vullis partikels te vorm.

Gewoonlik sal sulke partikels onoplosbaar in water wees. Maar 'n ketting van hidroksietielsellulose (blou) kan om so 'n partikel (rooi) vou. So 'n massa kan as 'n pastei gesien word, met die polimeer as die deeg, en die partikel as die vulsel. Die pastei is oplosbaar in water, maar nie die partikel op sy eie nie. So word die partikel dus deur die water weggewas, en gaan sit nie weer op jou hare nie.

Ander polisakkariede

'n Polisakkaried baie dieselfde as sellulose, is stysel. Om uit te vind hoeveel die twee van mekaar verskil, kliek hier.

Ander polimere wat as vesels gebruik word sluit in:

Nylon
Poliëtileen
Polipropileen
Poliësters
Kevlar en Nomex
Poliakrilonitriel
Poliuretaan


Terug na die Vlak Twee Kaart


Terug na die Macrogalleria Indeks


Kopiereg Voorbehou ©1995,1996 | Department Polimeerwetenskap | Universiteit van Suid-Mississippi