Clothing, Inc.

Kyk so 'n bietjie wat in hierdie winkel aangaan, en jy sal vinnig agterkom dat sonder polimere, jy tien teen een kaal sou rondloop.

Jeans en t-hemde word gemaak van katoen, 'n vorm van sellulose.

Truie en "sweaters" soos hierdie kan van wol gemaak word ('n vorm van kollageen). Jou hare en vel bevat ook kollageen, indien jy gewonder het. Maar die kledingstukke kan ook van akriliese polimere gemaak word, soos poliakrilonitriel, of rayon.


Sokkies word gemaak uit baie van die dieselfde polimere as truie. Maar, daar word ook gebruik gemaak van nylon en katoen. Partykeer het sokkies 'n bietjie rek in. Die handelsnaam is Spandex, en is 'n tipe poliuretaan.

Fietsrybroeke en ander rekbare kledingstukke word gemaak van spandex, 'n tipe poliuretaan.


En hier is 'n paar baie gewilde 70's hemde. Dit was 20 jaar gelede al aaklig, en alhoewel dit van poliëster gemaak word, is dit nie deesdae veel beter nie!

Al die klere in hierdie winkel is van vesels gemaak.


Terug na die Vlak Een Kaart


Terug na die Macrogalleria Indeks


Kopiereg Voorbehou ©1995,1996 | Department Polimeerwetenskap | Universiteit van Suid-Mississippi