Kopolimere

As 'n polimeer gemaak word deur slegs een van een tipe monomeer gebruik te maak, word so 'n polimeer 'n homopolimeer genoem. Indien daar twee verskillende monomere verbind word in dieselfde polimeerketting, word so 'n polimeer 'n kopolimeer genoem. Indien ons twee monomere, A en B, sou laat reageer, kan daar verskeie verskillende kopolimere gevorm word.

As die twee monomere in 'n alternerende patroon gerangskik word, word die die polimeer 'n alternerende kopolimeer genoem:

In 'n lukrake kopolimeer, volg die twee monomere mekaar in enige orde op:

In 'n blok kopolimeer word al die monomere van een tipe saam gegroepeer. 'n Blok kopolimeer kan gesien word as twee homopolimere wat saam gevoeg is:

'n Blok kopolimeer wat jy baie goed ken, is, as jy skoene dra, SBS rubber. Dit word gebruik om die sole van jou skoene te maak, en ook waaruit motorbande gemaak word.

Indien kettings van 'n polimeer gemaak uit monomeer B op 'n polimeer ketting gemaak van monomeer A geënt ("graft") word, word 'n ent kopolimeer gemaak:

Een tipe ent kopolimeer is hoë impak polistireen, of HIPS. Dit het 'n ruggraatketting van polistireen met kettings van polibutadiëen op die ruggraat geënt. Die polistireen gee aan die materiaal sterkte, terwyl die rubberagtige polibutadiëen kettings elastisiteit verleen aan die materiaal, en dit dus minder bros maak.


Terug na die Vlak Drie Kaart


Terug na die Macrogalleria Indeks


Kopiereg Voorbehou ©1995,1996 | Department Polimeerwetenskap | Universiteit van Suid-Mississippi