Elastomere

Sleutelwoorde
Kruisbinding, Entropie


Elastomere is 'n ander woord wat maar net rubberagtig beteken. Sommige polimere wat elastomere is, sluit in poliisopreen of natuurlike rubber, polibutadiëen, poliisobutileen, en poliuretane. Wat elastomere so spesiaal maak, is dat hulle kan hop. Wel, om te sê dat hulle kan "hop" is maar baie vaag. As ons nou meer spesifiek (en 'n bietjie meer wetenskaplike wil wees) kan ons sê dat hierdie polimere gestrek kan word tot baie keer hulle oorspronklike lengte, en dat hulle kan terug spring na hulle oorspronklike vorm sonder enige permanente deformasie.

Maar hoekom?

So werk entropie 'n slag vir jou!

Entropie kan kortweg beskryf word as die neiging tot wanorde. En dinge om ons neig maar altyd na wanorde. Dis hoekom dit makliker is om jou kamer deurmekaar te hou as netjies! Wel, en dis nou net soos polimeermolekule is. Die molekules in 'n stuk rubber, enige tipe rubber, het geen orde nie. Hulle draai en knoop baie graag, en is heel gelukkig so.

Maar, as jy nou aan so 'n stukkie rubber gaan staan en trek, word alles omgekrap. Die molekules word nou geforseer om almal in die rigting waarin die rubber gestrek word te oriënteer. En as die molekules so gerangskik word, word die sisteem georden. En as jy die kettings ver genoeg strek sal hulle teen mekaar lê, later genoeg om te begin kristalliseer. En hiervan hou die polimeerkettings net niks nie. Onthou, entropie bly baas!

As jy nou die stuk rubber wat jy gerek het los, sal die molekules so vinnig as moontlik probeer terugkeer na die toestand waarin hulle was, d.w.s. 'n verdraaide en verstrengelde toestand. En as dit gebeur, sal die rubber weer terugkeer na sy oorspronklike vorm!

Wat van een molekule?

Om elastomere selfs nog beter te laat terug spring na hul oorspronklike vorm, help dit om hulle te kruisbind. Kruisbinding is die vorming van kovalente bindings tussen die verskillende polimeerkettings, om almal te verbind om een enkele netwerk molekuul te vorm. Ja, meeste rubber voorwerpe bestaan net uit een molekuul! Wanneer polimeerkettings so gebind is, is dit selfs nog moeiliker om hulle te vervorm, en sal hulle nog beter terug spring na hulle oorspronklike vorm as hulle gestrek word.

Maar dit maak elastomere baie moeiliker om te herwin ("recycle"). Dink so 'n bietjie daaroor. Hoe smelt 'n mens EEN molekuul? Om herwinbare elastomere te maak, is 'n kruisbinding nodig wat omkeerbaar sal wees indien die elastomeer geprosesseer word. Die antwoord hierop is termoplastiese elastomere!


Terug na die Vlak Drie Kaart


Terug na die Macrogalleria Indeks


Kopiereg Voorbehou ©1995,1996 | Department Polimeerwetenskap | Universiteit van Suid-Mississippi