Vesels

Sleutelwoorde
kristal, waterstofbinding, sekondêre interaksie


Nee, hierdie is nie 'n bladsy waar jy vertel word hoe vesels kan help om te keer dat jy kanker kry nie. Hier praat ons oor 'n ander tipe vesel. Ons praat hier van polimeriese vesels.

So, wat is 'n polimeriese vesel? 'n Polmeriese vesel is 'n polimeer waar die kettings reguit uitgestrek word (of so na as moontlik aan reguit), en dan naby aan mekaar geplaas word, almal langs dieselfde as georienteer. Soos in die prentjie hier onder.

Polimere wat so in vesels gerangskik is kan in drade gespin word, en gebruik word in tekstiele. Die klere wat jy dra is gemaak uit polimeriese vesels. En so ook die matte. En ook toue. Hier onder is 'n lys van polimere waaruit vesels gemaak kan word:

Dit is belangrik om te onthou dat vesels altyd van polimere gemaak word wat in kristalle gerangskik word. Dit is noodsaaklik dat die polimeer in 'n reëlmatige rangskikking gepak kan word, sodat vesels kan vorm. (Om die waarheid te sê is vesels eintlik 'n tipe kristal, 'n langwerpige kristal). Ons kan dit sien deur van 'n bietjie naderby te ondersoek hoe nylon 6,6 in 'n kristallyne vesel pak.

Die waterstofbindings en ander sekondêre interaksies tussen die individuele kettings hou die kettings baie naby aan mekaar. So naby dat hulle nie eintlik veel daarvan hou om verby mekaar te gly nie. Dit beteken dus dat as jy aan 'n nylon vesel trek, dit nie veel sal strek nie, indien enigsins. Dit is hoekom vesels goed is om te gebruik in tou en garing.

En as jy nog wil weet....

Wel, dan kan jy sekerlik weet dat vesels ook gebruik word om termoset materiale te versterk. Wanneer 'n polimeer versterk is met 'n vesel, noem ons dit 'n saamgestelde materiaal.


Terug na die Vlak Drie Kaart


Terug na die Macrogalleria Indeks


Kopiereg Voorbehou ©1995,1996 | Department Polimeerwetenskap | Universiteit van Suid-Mississippi