The Food Court

Jy het dalk teen hierdie tyd uitgevind dat jy polimere dra en gebruik, maar dat jy hulle eet is 'n ander storie! En jy eet nogals verskriklik baie van hulle. Aartappelskyfies bevat tonne stysel, wat jou liggaam kan verteer en omsit na suiker (wat as brandstof in die liggaam dien).

Die pepperoni en die kaas op hierdie pizza is propvol proteïne, noodsaaklik vir jou gesondheid (alhoewel almal nou nie so sal voel oor pizza nie!).

Servette word van papier gemaak, wat 'n vorm van die polimeer sellulose is. Papierborde en koppies waarin jou kos kom is ook van sellulose. Die dekseltjies van die koppies word van polistireen gemaak. Die strooitjies waarmee jy jou koeldrank drink, en die skinkborde waarop die kos aangedra word, word van poliëtileen gemaak.

Vroeër jare, voor daar nog iets bestaan het soos nie-suiwel gevriesde nageregte, was daar net egte roomys beskikbaar. Dit was taai gewees as gevolg van die natuurlik polimeer xantaat gom wat daarin voorgekom het.


Terug na die Vlak Een Kaart


Terug na die Macrogalleria Indeks


Kopiereg Voorbehou ©1995,1996 | Department Polimeerwetenskap | Universiteit van Suid-Mississippi