Poliisopreen




Vir 'n vinnige oorsig oor poliisopreen, kliek hier!

Een van die mees bekendste natuurlike polimere is poliisopreen, of natuurlike rubber. Antieke Asteke het dit getap van hevea bome af, en gebruik vir die maak van waterdigte skoene en rubber balle (om 'n spel soortgelyk aan basketbal te speel). Hierdie polimeer is 'n elastomeer, wat beteken dat dit weer sy oorspronklike vorm sal inneem nadat dit vervorm of gestrek is. Gewoonlik word die rubber behandel om dit kruis te bind , wat dit selfs nog 'n beter elastomeer maak.


Poliisopreen is 'n diëen polimeer, en is dus 'n polimeer gemaak van 'n monomeer wat twee dubbelbindings bevat. Soos meeste dïeen polimere, bevat dit 'n koolstof-koolstof dubbelbinding in die ruggraatketting. Poliisopreen kan getap word van die hevea boom, of kan ook gemaak word d.m.v. Ziegler-Natta polimerisasie. Hierdie is 'n een van die min voorbeelde waar ons 'n natuurlike polimere amper net so goed soos die natuur kan maak.

Die monomeer isopreen lyk so:

Ander polimere wat ook as elastomere gebruik word sluit in:


Terug na die Vlak Twee Kaart


Terug na die Macrogalleria Indeks


Kopiereg Voorbehou ©1995,1996 | Department Polimeerwetenskap | Universiteit van Suid-Mississippi