Poliakrilonitriel




Vir 'n vinnige oorsig oor poliakrilonitriel, kliek hier!

Poliakrilonitriel word gebruik vir ... mmh ... wel, nie eintlik vir veel nie, behalwe om 'n ander polimeer koolstof vesel te maak. Maar kopolimere wat meestal poliakrilonitriel bevat, word gebruik as vesels om gebreide klere, soos sokkies en truie, sowel as buitelugtoerusting soos tente ensovoorts te maak. As die etiket binne in die kledingstuk "akrilies" sê, dan beteken dit dat die kledingstuk gemaak is uit een of ander kopolimeer van poliakrilonitriel. Gewoonlik bestaan hierdie kopolimere uit akrilonitriel en metielakrilaat, of akrilonitriel en metielmetakrilaat:

Partykeer word daar ook 'n kopolimeer van akrilonitriel en vinielchloried gemaak. Hierdie kopolimeer is brandtraag ("flame retardant"), en die vesels wat hiervan gemaak word, word modakriliese vesels genoem.

Verder word kopolimere met akrilonitriel, soos byvoorbeeld stireen-akrilonitriel en akrilonitriel-butadiëen-stireen, op groot skaal gebruik as plastieke.

Poliakrilonitriel is a viniel polimeer, en 'n afgeleide van die akrilaat familie van polimere. Dit word gemaak van die monomeer akrilonitriel deur 'n vrye radikaal viniel polimerisasie.

En dis hoe die monomeer akrilonitriel regtig lyk:

Ander polimere wat as vesels gebruik word, sluit in:


Terug na die Vlak Twee Kaart


Terug na die Macrogalleria Indeks


Kopiereg Voorbehou ©1995,1996 | Department Polimeerwetenskap | Universiteit van Suid-Mississippi