Polidisiklopentadiëen


Vir 'n vinnige oorsig oor polidisiklopentadiëen, kliek hier!

Polidisiklopentadiëen is 'n polimeer wat gebruik word vir groot toepassings. Ja, baie groot dinge. 'n Mens kan 'n hele trekker kajuit in een stuk uit polidisiklopentadiëen maak, of 'n hele satellietskottel. En as dit nie groot genoeg is nie, wat van 'n 1500 gallon stoortenk vir gevaarlike chemikalieë. Geen probleem vir polidisiklopentadiëen nie. Maar die heel eerste toepassing van hierdie polimeer was vir die maak van kajuite vir sneeuvoertuie. Die rede hiervoor is die feit dat hierdie polimeer baie goeie impak weerstand het by lae temperature, waar baie ander polimere bros raak.

Polidisiklopentadiëen word gemaak deur 'n interssante reaksie, 'n sogenaamde ring-opening metatesis polimerisasie (ROMP) van die monomeer endo-disiklopentadiëen. Kliek hier as jy die monomeer in 3d wil sien.

Maar dit is nog nie klaar nie. Daar is 'n dubbelbinding oor in die onderste ring, soos jy kan sien in die voorstelling van polidisiklopentadiëen. Hierdie dubbelbindings kan verdere viniel polimerisasies ondergaan, en sodoende 'n kruisgebinde termoset materiaal lewer.

Dit is nou alles goed en wel, maar so 'n termoset kan nie gevorm word nie. So, hoe word daar enige iets daarvan gemaak? Die antwoord is om dit te maak in die vorm wat ons soek. Dit word gedoen deur reaksie inspuitvorming. Om dit nou eenvoudig te stel, word die monomeer eenvoudig in 'n vorm geplaas, en die polimeer word gemaak in die vorm. En dan kry jy 'n produk gemaak uit 'n termoset!


Terug na die Vlak Twee Kaart


Terug na die Macrogalleria Indeks


Kopiereg Voorbehou ©1995,1996 | Department Polimeerwetenskap | Universiteit van Suid-Mississippi