Polyethylene


Vir 'n vinnige oorsig oor poliëtileen, kliek hier!

Poliëtileen is heel moontlik die polimeer wat jy die meeste sal teenkom in jou alledaagse lewe. Poliëtileen is die wêreld se mees populêre plastiek. Hierdie polimeer word gebruik vir die maak van enige iets van kruideniersware sakke, shampoebottels en speelgoed tot koeëlbestande baadjies. Vir so 'n veeldoelige materiaal het poliëtileen 'n baie eenvoudige struktuur, die heel eenvoudigste van alle kommersiële polimere. 'n Molekule poliëtileen is niks meer as net 'n lang ketting koolstofatome, met twee waterstofatome gekoppel aan elke koolstof nie. Dit is wat die 3d model bo aan die bladsy voorstel, maar dit mag dalk makliker wees om dit volgens die prentjie hier onder voor te stel. Hou egter in gedagte dat die ketting uit duisende koolstofatome sal bestaan:

Maar dit is nie altyd heeltemal so eenvoudig nie. Soms bevat van die koolstofatome lang poliëtileen kettings i.p.v. waterstofatome. Dit word vertakte, lae digtheid poliëtileen of LDPE genoem. Lineêre poliëtileen is baie sterker as vertakte poliëtileen, maar is heelwat duurder en moeliker om te maak.

Lineêre poliëtileen word gewoonlik geproduseer met molekulêre gewigte van ongeveer 200 000 tot 500 000, of selfs hoër. Indien poliëtileen vervaardig word met 'n molekulêre gewig in die omgewing van drie tot ses miljoen, dan word daar verwys na hierdie polimeer as ultra-hoë molekulêre gewig poliëtileen, of UHMWPE. UHMWPE kan gebruik word vir die maak van vesels, wat sterk genoeg is om Kevlar te vervang vir gebruik in koeëlbestande baadjies. Indien dit in groot velle vervaardig word, kan dit gebruik word as sintetiese ys in 'n yskaatsbaan.

Poliëtileen is 'n viniel polimeer, gemaak van die monomeer etileen. Hier onder is 'n model van die etileen monomeer.

Vertakte poliëtileen word gemaak d.m.v. vrye radikaal viniel polimerisasie. Lineêre poliëtileen word gemaak in die meer gekompliseerde Ziegler-Natta polimerisasie reaksies. UHMWPE word gemaak deur gebruik te van metalloseen katalise polimerisasie.

Ander polimere wat as plastieke gebruik word sluit in: Ander polimere wat gebruik word as vesels sluit in:
Polipropileen Polipropileen
Poliesters Poliesters
Polistireen Nylon
Polikarbonaat Kevlar en Nomex
PVC Poliakrilonitriel
Nylon Sellulose
Polimetielmetakrilaat Poliuretaan


Terug na die Vlak Twee Kaart


Terug na die Macrogalleria Indeks


Kopiereg Voorbehou ©1995,1996 | Department Polimeerwetenskap | Universiteit van Suid-Mississippi