Poliëster


Vir 'n vinnige oorsig oor PET, kliek hier.
Poliësters is die polimere wat in die sewentiger jare in die vorm van vesels gebruik is om al die "wonderlike" disko klere te maak. Maar, gelukkig het ons sedertdien al beter gebruike vir poliësters gekry, soos die handige plastiek bottels waarin 'n mens gaskoeldrank koop. Dit beteken dus dat poliësters as beide plastieke en vesels gebruik word. Nog 'n plek waar 'n mens poliësters kry is in ballonne. Nie die gewone gekleurde ballone wat van natuurlike rubber gemaak is nie, maar die blink ballon wat in alle vorms met allerhande boodskappe op verkoop word. Hierdie ballonne word gemaak van Mylar, of sommer net 'n dun laag poliëster en 'n dun laag aluminium foelie wat aan mekaar geheg is. 'n Materiaal soos Mylar gemaak uit twee verskillende materiale, word 'n saamgestelde materiaal genoem.

'n Spesiale familie van poliësters is die polikarbonate.

Poliësters het 'n koolwaterstof ruggraatketting, wat esterbindings bevat (en daarvan dan ook die naam, poliësters).

Die figuur hierbo is 'n voorstelling van die poliëster poliëtileentereftelaat, of PET, wat bestaan uit etileen groepe en tereftelaat groepe!!

Die estergroepe in die poliëster ketting is polêr, met die karboniel suurstofatoom parsieel negatief gelaai, en die karboniel koolstofatoom met 'n parsiele positiewe lading. Die positiewe en negatiewe ladings van die verskillende estergroepe trek mekaar aan, en veroorsaak dus dat die kettings baie naby aan mekaar kan gepak kan word in 'n kristallyne vorm. Dit is die rede vir die vorming van sulke sterk vesels.

Die uitvinder wat eerste bottels van PET gemaak het was Nathaniel Wyeth. Ander het al voor hom probeer om splintervrye bottels te maak, maar met heel ander resultate. Lees gerus hierdie storie.

Dalk het van julle oor een (of albei) van die volgende gewonder:

Waarom kan 'n mens nie plastiek koeldrankbottels terugneem, en geld daarvoor kry soos met glasbottels nie?


En die tweede vraag, wat dalk meer van toepassing sou wees as jy uit Amerika kom, is:

Hoekom word grondboontjiebotter verpak in splintervrye plastiek bottels, en "jellie" en sekere soorte konfyt nie?


Heel interessant, maar beide hierdie vrae het dieselfde antwoord. Die antwoord is dat PET se Tg, of glasoorgangstemperatuur (of die temperatuur waar PET sag word) te laag is. As 'n mens 'n koeldrankbottel wil hergebruik, moet dit eers by hoë temperatuur gesteriliseer word. Die temperatuur is hoër as die Tg van PET, en sal so 'n bottel sag word.

Die jellie word baie warm in bottels ingespuit. En indien die bottels van PET gemaak sou word, sou die bottels sag word. Dit beteken dus dat PET nie vir jelliebottels gebruik kan word nie.

PEN kom tot die redding!

Gelukkig is daar 'n nuwe tipe poliëster wat net reg is vir gebruik in steriliseerbare koeldrankbottels, en jelliebottels. Dit is polietieleennaftalaat, of PEN


PEN het 'n hoër glasoorgangstemperatuur as PET. Die glasoorgangstemperatuur van PEN is hoog genoeg sodat dit die temperatuur van sterilisasie kan weerstaan, en ook nie sal smelt as die vol jellie gespuit word nie. Gelukkig is PEN so bestand teen temperatuur, dat 'n mens nie eens 'n hele bottel van PEN hoef te maak nie. As jy net PEN met PET meng, sal dit bottels gee wat hoë temperature baie beter kan weerstaan as gewone PET.

Genoeg oor hoe wonderlik poliëster is. Hoe word dit gemaak?

In die groot aanlegte waar poliëster gemaak word, word gewoonlik begin met 'n verbinding dimetieltereftelaat. Dit word gereageer met etileenglikol in 'n transesterifikasie reaksie. Die produk hiervan is bis-(2-hidroksietiel)tereftelaat en metanol. Maar as die reaksiemengsel tot 210 C verhit word, sal die metanol uit die mengsel verdamp, en nie verdere probleme veroorsaak nie.

Hierdie bis-(2-hidroksietiel)tereftelaat word dan verhit tot 'n skamele 270 C, en reageer dan om polietieleentereftelaat, en, glo dit of nie, etileenglikol te lewer. En etileenglikol is een van die reagense waarmee ons begin het.

As jy meer wil weet van hierdie reaksies, kliek hier.

Ander polimere wat as plastieke gebruik word sluit in: Ander polimere wat gebruik word as vesels sluit in:
Polipropileen Polipropileen
Poliëtileen Poliëtileen
Polistireen Nylon
Polikarbonaat Kevlar en Nomex
PVC Poliakrilonitriel
Nylon Sellulose
Polimetielmetakrilaat Poliuretaan


Terug na die Vlak Twee Kaart


Terug na die Macrogalleria Indeks


Kopiereg Voorbehou ©1995,1996 | Department Polimeerwetenskap | Universiteit van Suid-Mississippi