Polimere kom baie handig te pas, veral as daar 'n baba by die huis is. Hierdie pak doeke is propvol polimere. Die doeke self is van poliëtileen gemaak. Hulle het bandjies van natuurlike rubber in om te keer dat die doeke lek. Maar die heel belangrikste komponent is die poliakrielsuur binne in die doeke. Poliakrielsuur is 'n lid van die akrilaat familie van polimere, en kan baie maal sy eie gewig in water absorbeer. Dit hou die baba droog, en keer dat die baba 'n uitslag kry.

Die hare / borsel van die tandeborsel is die heel eerste ding wat van nylon gemaak is. Die handvatsel word gemaak van poliëtileen.

Skoon hare is maklik om te hê met shampoe's soos hierdie, en bevat verdikkers soos hidroksietiel sellulose. Opknappers bevat silikone, wat nie 'n waslaag, soos vroër opknappers, op jou hare laat opbou nie


So gepraat van hare, haarsproei is propvol polimere soos polivinielpirollidoon.

En as jy net te lui is in die oggend om op te staan, hoef jy nie meer te bekommerd te wees met hierdie poliëtileen bedpan in die omgewing nie.

As jou voete seer raak van al die rondloop in die winkels, probeer om hierdie sagte poliuretaan skuim binne jou skoen te sit. Dit behoort te help!

En as die ouderdom jou begin inhaal, en jou knie of enkel is seer, dan is 'n rekverband gemaak van poliisopreen (natuurlike rubber) net die ding vir jou.

Curtis, die apteker, hou hier 'n paar opgestopte diere vas. Almal van hulle is opgestop met poliuretaan skuim. Die nagemaakte diervelle en hare word gemaak van polimere soos poliakrilonitriel.


Terug na die Vlak Een Kaart


Terug na die Macrogalleria Indeks


Kopiereg Voorbehou ©1995,1996 | Department Polimeerwetenskap | Universiteit van Suid-Mississippi