Termoplastieke

Sleutelwoorde
Glasoorgang, Plastiseerder, Termoplastiek


Wel, meeste mense weet sekerlik wat 'n plastiek is. Hulle word so genoem juis omdat hulle plasties van aard is, d.w.s. hulle kan maklik gevorm en verwerk word. Soos plastieke warm raak, raak dit makliker om hulle in vorms te giet en te vervorm, en as hulle warm genoeg raak, hulle selfs te smelt. Sulke materiale word termoplastieke genoem. Hulle word onderskei van die kruisgebinde materiale wat nie smelt nie, en word termoset materiale genoem.

Wel, soos reeds gesê is, weet meeste mense wat 'n plastiek is. Daar is egter nog 'n paar detials wat 'n plastiek 'n plastiek maak, wat hier bespreek sal word. Byvoorbeeld, wat maak 'n materiaal 'n plastiek, en nie 'n rubber of elastomeer nie? Die antwoord lê by die vermoë van die rubber om na sy oorspronklike vorm terug te keer na dit vervorm (gerek) is. Plastieke neig om of permanent te vervorm, of te breek as dit te ver gerek word.

Maar dit is nie noodwendig sleg nie. Aangesien plastieke nie altyd so maklik strek soos rubbers nie, moet daar baie meer energie in die plastiek ingesit word om dit te strek. 'n Ander manier om dit te sê is dat die plastiek deformasie beter weerstaan as elastomere. En dit is glad nie sleg as ons nie wil hê dat die materiaal moet kan rek nie.

Wag net so 'n oomblik! Daar is dan bo aan die bladsy gesê dat plastieke so genoem word juis omdat hulle vervorm en gegiet kan word. Alhoewel dit energie vat om te vervorm, is dit juis wat nodig is. Die materiaal bied dus weerstand teen vervorming. Maar dit kan tot ons voordeel gebruik word, want as die plastiek eers vervorm of gerek is, sal dit in die nuwe vorm bly. Elastomere spring egter terug na hul oorspronklike vorm nadat hulle gerek is.

Verder is plastieke ook baie meer vervormbaar as ander materiale, soos byvoorbeeld vesels. Vesels verleng baie min as hulle gerek word. En dit maak dit weer goed om te gebruik vir dinge soos toue.

Harde en Sagte plastiek

Ons het natuurlik al agter gekom dat sommige plastieke hard is, terwyl ander weer sag is. Die plastiek sleutels van jou rekenaar sleutelbord is hard, terwyl die plastiek om die kabels van die rekenaar sag is. Die rede hiervoor is omdat alle plastieke 'n sekere temperatuur het waar bo hulle sag en vervormbaar is, en onder die temperatuur hard en bros is. Dit word die glasoorgangstemperatuur, of Tg genoem. Die Tg is verskillend vir elke plastiek. Party plastieke is onder hul Tg by kamertemperatuur, en is dus hard en bros. Ander weer is bo hul Tg, en hierdie plastieke is sag.

Sekere bymiddels word by plastieke gevoeg om hulle sag en vervormbaar te maak. Hierdie stowwe word plastiseerders genoem.

'n Paar polimere wat as plastieke gebruik word:


Terug na die Vlak Drie Kaart


Terug na die Macrogalleria Indeks


Kopiereg Voorbehou ©1995,1996 | Department Polimeerwetenskap | Universiteit van Suid-Mississippi