Polimetielmetakrilaat


Vir 'n vinnige oorsig oor polimetielmetakrilaat, kliek hier!

Polimetielmetakrilaat, wat lui wetenskaplikes PMMA noem, is 'n 'n deursigte plastiek, wat gebruik word as 'n splintervrye alternatief tot glas. Dit word gesien by 'n yshokkiebaan, waar die skerm keer dat die spelers buite die baan op die toeskouers beland. Die chemiese maatskappy Rohm & Haas maak vensters uit PMMA, en noem dit Plexiglas. Imperial Chemical Industries (ICI) maak ook vensters hieruit, en noem dit Lucite. Lucite word onder andere ook gebruik vir die maak van die oppervlakte van baddens, wasbakke en bad/stort kombinasies.

PMMA is 'n viniel polimeer, en word gemaak d.m.v. die vrye radikaal viniel polimerisasie van die monomeer metielmetakrilaat.

Die van julle wat Amerika ken, sal sien dat die struktuur van metielmetakrilaat byna na die staat van Massachusetts lyk. Maar Massachusetts polimeriseer nie, aangesien daar net een is. Probeer eerder hierdie 3D model van die monomeer metielmetakrilaat:

PMMA is 'n lid van die familie van polimere wat chemici die akrilate noem, maar die res van die wêreld praat sommer van akriele.

'n Ander polimeer wat as 'n splintervrye glas plaasvervanger gebruik word is polikarbonaat. Maar PMMA is goedkoper!

Ander polimere wat as plastieke gebruik word sluit in:


Terug na die Vlak Twee Kaart


Terug na die Macrogalleria Indeks


Kopiereg Voorbehou ©1995,1996 | Department Polimeerwetenskap | Universiteit van Suid-Mississippi