Poly(propylene)


Vir 'n vinnige oorsig oor polipropileen, kliek hier!

Polipropileen is 'n baie veeldoelige polimeer. Dit word gebruik as beide 'n plastiek en as 'n vesel. As 'n plastiek word dit gebruik vir die maak van artikels soos skottelgoedwasserveilige houers. Dit is moontlik aangesien polipropileen eers by 160oC, of 320 oF smelt. Poliëtileen, 'n meer algemene plastiek, smelt hier in die omgewing van 140 oC, en sal dus in 'n skottelgoedwasser smelt. As 'n vesel word polipropileen gebruik vir die vervaardiging van buitenshuise matte, soos die wat 'n mens aantref by 'n minigolf baan. Dit kan met gemak gebruik word vir buitenshuise toepassings, aangesien dit maklik gekleur kan word en, ander as nylon, glad nie water absorbeer nie.

Op struktuurvlak stem polipropileen baie ooreen met poliëtileen aangesien dit ook 'n viniel polimeer is. Die enigste verskil is dat elke tweede koolstofatoom 'n metielgroep bevat (i.p.v. 'n waterstofatoom). Dit kan gesintetiseer word uit die monomeer propileen deur Ziegler-Natta polimerisasie en deur metalloseen katalise polimerisasie.

Hier onder is 'n 3d model van die monomeer propileen:

Wil jy nog weet?

Met behulp van enkelsetel katalise kan 'n mens nogals interessante dinge doen met polipropileen. Dit kan gebruik word om polipropileen van enige taktisiteit te vervaardig. Nie net alleen kan dit isotaktiese, sindiotaktiese of ataktiese polipropileen produseer nie, maar kan ook gebruik word vir die maak van blok kopolimere van ataktiese en isotaktiese polipropileen. Hierdie blok kopolimeer is 'n termoplastiese elastomeer.

Ander polimere wat as plastieke gebruik word sluit in: Ander polimere wat gebruik word as vesels sluit in:
Poliëtileen Poliëtileen
Poliësters Poliësters
Polistireen Nylon
Polikarbonaat Kevlar en Nomex
PVC Poliakrilonitriel
Nylon Sellulose
Polimetielmetakrilaat Poliuretaan


Terug na die Vlak Twee Kaart


Terug na die Macrogalleria Indeks


Kopiereg Voorbehou ©1995,1996 | Department Polimeerwetenskap | Universiteit van Suid-Mississippi