Polifenileensulfied


Vir 'n vinnige oorsig oor polifenileensulfied, kliek hier!

Polifenileensulfied, of PPS, is een van die werklike hoë werkverrigting plastieke wat baie sterk is, en baie hoë temperature kan weerstaan. Hoe hoog? PPS sal nie smelt voor omtrent 300 oC nie. Verder is dit ook weerstandbiedende teen vuur ("flame resistant"). Jy sal dalk sien dat die term engineering thermoplastics gebruik word wanneer daar van sulke hoë werkverrigting plastieke gepraat word.

PPS is baie duur, en word dus net gebruik wanneer goeie hitte weerstand benodig word. Elektriese proppe en ander elektriese komponente word gemaak van PPS. Party onderdele van motors, mikrogolwe en haardroërs word ook uit PPS vervaardig.

As jy PPS wil maak, moet jy die volgende probeer: Voeg para-dichlorobenseen en natriumsulfied bymekaar in 'n polêre oplosmiddel soos N-metielpirollidoon en laat dit reageer.

Die produk van hierdie reaksie sal lae molekulêre gewig PPS wees, wat uitstekend is vir gebruik as 'n deklaag. Maar as jy dit wil gebruik as konstruksiemateriaal, moet jy dit verhit in 'n suurstof atmosfeer, om 'n hoër molekulêre gewig kruisgebinde materiaal te lewer.


Terug na die Vlak Twee Kaart


Terug na die Macrogalleria Indeks


Kopiereg Voorbehou ©1995,1996 | Department Polimeerwetenskap | Universiteit van Suid-Mississippi