SBS Rubber Sintese d.m.v. Lewende Anioniese Polimerisasie

Sleutelwoorde
lewende polimerisasie
terminering


As jy wil weet hoe om SBS rubber te maak, het jy na die regte plek gekom. Ons begin deur van die tegniek lewende anioniese polimerisasie gebruik te maak. 'n Lewende polimerisasie is 'n polimerisasie wat plaasvind sonder enige termineringsreaksies. Dit beteken dus dat sodra die monomeer in die reaksiefles opgebruik is en polimeer gevorm het, die polimeerkettings steeds aktief is. Dit beteken dus dat as jy nog monomeer in die beker sou plaas, dit weer tot die ketting gevoeg sou word en die polimeer nog groter sou raak. Kom ons probeer so 'n paar dinge

Die eerste wat ons doen is om 'n ketting lewende polistireen te maak. Dit word gedoen duer die monomeer stireen te polimeriseer met 'n anioniese inisiëerder soos bv. butiellitium.

Onthou net dat die polistireenketting lewendig is, so as ons nou 'n tweede monomeer daar by sou voeg, sal dit gevoeg word by die polimeer. So voeg ons dan die monomeer butadiëen by.

Dit lewer dan 'n lewende stireen-butadiëen blok kopolimeer.

Die volgende stap is voor die hand liggend: voeg nog stireen monomeer by, en kry 'n stireen-butadiëen-stireen triblok polimeer. Dood eenvoudig. Daar is egter een probleempie. Alhoewel die butadiëen monomeer maklik aan die anioon aan die punt van die polistireenketting kan addeer, sal die stireen monomere nie aan die anioon aan die punt van die lewende polibutadiëenketting addeer nie. Dit is nie baie gerieflik nie. Om hierby verby te kom doen ons die volgende. Ons laat dit reageer met 'n verbinding dichlorodimetielsilaan.

Die anioniese lewende ketting verwyder 'n chlooratoom van die silaan, en dan kry ons 'n chlorosilaan op die eindpunt van die polimeer. Die vraag is nou, wat help dit? Wel, die polimeer is nou nie meer lewend nie! En dit is baie goed, aangesien ons iets kan doen met die chlorosilaan op die eindpunt van die polimeer. As ons nou 'n lewende polistireen homopolimeer neem, sal die met die chlorosilaan eindpunt polimeer reageer, net soos die stireen-butadiëen kopolimeer met die dichlorodimetielsilaan gereageer het.

En dit lewer dan die triblok kopolimeer wat ons gesoek het. Nie sleg nie...


Terug na die Anioniese Viniel Polimerisasie Bladsy.


Terug na die SBS Rubber Bladsy.


Terug na die Vlak Vier Kaart


Terug na die Macrogalleria Indeks


Kopiereg Voorbehou ©1995,1996 | Department Polimeerwetenskap | Universiteit van Suid-Mississippi