Silikone


Vir 'n vinnige oorsig oor polidimetielsiloksaan, kliek hier!

Silikone word vir baie dinge gebruik, soos bv. as elastomere en smeerolies. Die verseëlaar wat jy in jou badkamer sien is tien teen een 'n silikoon. Silikone word ook gebruik vir die maak van hittebestande teëls, wat onderaan die NASA pendeltuie gebruik word. Maar, hier op aarde word silikone ook gebruik in sekere haarsproeie.


Silikone is anorganiese polimere, d.w.s. daar is geen koolstofatome in die ruggraatketting nie. Hier bestaan die ruggraatketting uit onderskeidelik silikon en suurstof atome. Elke silikon het twee groepe daaraan gekoppel. Hierdie groepe kan enige organiese groep wees. In die figuur net hier bo, sal die R groepe dus uit metielgroepe bestaan. Hierdie polimeer sal dan polidimetielsiloksaan genoem word. Dit is die mees algemeenste silikoon. Ander silikone wat ook baie gebruik word is polimetielfenielsiloksaan, en polidifenielsiloksaan, soos in die figure hier onder.

"Polisiloksaan" is die regte naam vir die silikone. Maar, toe hulle ontdek is, is daar gedink dat hulle "silikoon" groepe in die ruggraatketting het (sooortgelyk aan ketoongroepe). Toe die werklike struktuur opgeklaar is, was almal gewoond aan die naam, en het die naam gebly.


Silikone maak goeie elastomere aangesien die ruggraatketting baie buigbaar is. Die bindings tussen 'n silikonatoom en die twee suurstofatome aan beide kante is baie buigbaar, en laat baie vrye beweging toe. Die hoek gevorm deur die bindings kan soos 'n skêr oop en toe maak. Dit maak dus die hele ruggraat baie buigbaar.


As jy wil weet hoe silikone gemaak word, kliek hier.


Terug na die Vlak Twee Kaart


Terug na die Macrogalleria Indeks


Kopiereg Voorbehou ©1995,1996 | Department Polimeerwetenskap | Universiteit van Suid-Mississippi