Stysel


Stysel is belangrik omdat ons dit eet! Dit word in aartappels, koring en mielies gevind. Stysel word gemaak van glukose herhaaleenhede.


Kliek op die glukose molekuul om dit in 3d te sien.

In jou liggaam is daar spesiale proteïne wat ensieme genoem word (wat natuurlik ook polimere is) wat die stysel kan afbreek na glukose toe, sodat jou liggaam dit kan verbrand vir energie. Indien jy 'n regte diëet volg sal meeste van jou energie van stysel kom.

Aangesien stysel van suiker molekules gemaak word, word dit 'n polisakkaried genoem. Dit is baie dieselfde as sellulose. Maar daar is tog verskille, en om te sien presies waar hulle verskil, kliek hier.

Stysel het ook 'n paar ander gebruike behalwe as kos. Dit word ook gebruik om te verhoed dat klere kreukel as dit gestryk word. Dit kan ook gebruik word vir die maak van skuimverpakking. Stysel is biodegradeerbaar, en stysel skuimverpakking is 'n omgewingsvriendelike alternatief tot "styrofoam" (polistireenskuim).


Terug na die Vlak Twee Kaart


Terug na die Macrogalleria Indeks


Kopiereg Voorbehou ©1995,1996 | Department Polimeerwetenskap | Universiteit van Suid-Mississippi