Hoe om Macrogalleria te gebruik


Die Vlakke

Macrogalleria is in vyf vlakke opgedeel. Die indelings is gebaseer op die aard of inhoud van die studiemateriaal, en nie noodwendig volgens vaardigheid en kennis nie. Van die bladsye mag wel meer gekompliseerde inligting as ander bevat. Hier volg 'n beskrywing hoe om elke vlak te gebruik:

Vlak Een: Polimere is ORALS!

Die doel van die eerste vlak is om die studente te wys waar polimere orals in die alledaagse lewe aangetref word. Verder dien dit ook as beginpunt waarvandaan hulle die ander vlakke van Macrogalleria kan ondersoek vir meer in diepte besprekings van verskeie polimeer onderwerpe. Dit word gedoen deur hulle deur 'n fiktiewe winkelsentrum te laat loop, waar hulle kan kies watter winkels hulle graag wil besoek. In elke winkel word produkte wat van polimere gemaak is uitgewys. Die teks identifiseer die tipe polimeer, en sal hiperteks skakels na bladsye op vlak twee bevat waar die spesifieke polimeer in detail beskryf sal word.

Die idee van die eerste vlak is om die relevansie van polimeerwetenskap in die alledaagse lewe aan te dui deur gebruik te maak van onderwerpe wat studente reeds interesseer. 'n Sportiewe student mag dalk na die sportwinkel gaan en leer hoe tennis rakette gemaak word van koolstof vesel, terwyl 'n student wat lief is vir musiek na die musiekwinkel sal gaan en leer dat kompakte skywe (CD's) van polikarbonaat gemaak word.

Vlak Twee: Polimere van 'n bietjie Naderby beskou

Die doel van Vlak Twee is om inligting oor spesifieke polimere aan die studente te verskaf. Vlak Twee se bladsye word almal gekenmerk deurdat alle titels in blou is. Elke bladsy op vlak twee gee opsomenderwys al die mees belangrike inligting oor 'n spesifieke polimeer, die gebruike en basiese inligting oor die sintese van die polimeer (gedetaileerde sintetiese chemie word bespreek in Vlak Vier). Elke bladsy bevat hiperteks skakels na blaaie waar algemene polimeer konsepte (van toepassing op daardie spesifieke polimeer) bespreek word. Byvoorbeeld, die bladsy waar poliisopreen bespreek word bevat skakels na blaaie op Vlak Drie waar rubber en kruisbinding bespreek word, terwyl die nylon bladsy skakels bevat na ander blaaie waar vesels en plastieke bespreek word.

Elke bladsy op Vlak Twee bevat ook 'n roteerbare drie dimensionele model van 'n kort ketting van die polimeer onder bespreking. Om hierdie modelle te besigtig moet die Chime program (plug-in) afgelaai en geïnstalleer word. Laai dit af deur of op die Chime icon te kliek (bo aan die eerste bladsy, net onder die titel), of kliek hier as jy aan die internet gekoppel is.

Weens tekortkominge van die modelleringsprogram, wys die modelle slegs 'n lae graad van polimerisasie, veel laer as werklike polimere. Die modelle is egter slegs daar om studente 'n aanduiding te gee hoe 'n segment van ketting van 'n polimeer lyk. Die modelle se funksie is nie om lang afstand ketting konformasies of die ware grote van die polimere voor te stel nie.

Die modelle kan geroteer word deur met die linker muis knoppie te kliek en in te hou, en dan die muis rond te beweeg. Die modelle se voorkoms kan verander word deur met die regter muis knoppie op die model self te kliek. 'n Spyskaart sal te voorskyn kom. Deur op display te kliek sal 'n verdere spyskaart te voorskyn kom waar daar gekies kan word tussen draadraam, stok, stok en bal en ruimtevullende modelle.

Vlak Drie: Hoe dit alles inmekaar steek

Die doel van Vlak Drie is om die basiese konsepte van polimeer fisiese chemie oor te dra. Fisiese chemie bladsye word gekenmerk deur hulle rooi en geel titels. Elke bladsy behandel 'n spesifieke algemene konsep, en bespreek beginsels wat van toepassing sal wees op 'n wye verskeidenheid polimere, of 'n reeks verwante polimere. Elke bladsy bevat verder hiperteks skakels na blaaie waar verwante konsepte bespreek word. Byvoorbeeld, die bladsy waar rubber bespreek word sal skakels bevat na die bladsy waar kruisbinding bespreek word, en die bladsy waar plastieke behandel word sal skakels bevat waar glas oorgange en polimeer kristalliniteit bespreek word.

Behalwe vir die polimeer fisiese chemie blaaie, bevat Vlak Drie ook bladsye wat nie werklik in enige tradisionele kategorie geklassifiseer kan word nie. Hierdie blaaie behandel onderwerpe soos polimeer saamgestelde materiale, families van polimere (soos diëne, viniele en akrilate) en anorganiese polimere. Hierdie "oorskiet" blaaie is almal met blou en geel titels gemerk.

Vlak Vier: Kom ons maak Polimere

Die doel van Vlak Vier is om die sintetiese chemie van polimere in gedetailleerde vorm aan die student oor te dra. Die sintetiese chemie bladsye se titels is in rooi en swart gemerk. Hierby ingesluit is blaaie waar reakies wat 'n verskeidenheid van polimere kan produseer, bespreek word, bv. vrye radikaal vinyl polimerisasie. Verder word reaksies wat een spesifieke polimeer produseer ook bespreek, bv. die bladsy "Produksie van Nylon 6,6". Verder word hier ook bladyse wat ander aspekte van polimeer produksie bespreek, soos die produksie van saamgestelde materiale van polimere, ook ingesluit.

Baie van die sintese bladsye bevat skakels na bladsye waar films van die reaksie meganismes gewys word. Om hierdie te kan besigtig moet die Macromedia Shockwave The Works program (plug-in) afgelaai word. Dit kan gedoen word deur die skakel bo-aan die eerste bladsy te volg, of deur hier te kliek, as jy aan die internet gekoppel is. Volg verder die instruksies soos aangedui op die Macromedia Shockwave bladsye.

Vlak Vyf: Polimere aan die Praat

Vlak Vyf van Macrogalleria behandel polimeer karakterisering, d.w.s. hoe polimere bestudeer word. Elke bladsy, wat deur geel titels onderskei word, behandel 'n ander tegniek wat gebruik kan word om polimere te bestudeer. Die blaaie behandel tegnieke om molekulêre gewig, polimeer struktuur en termiese eienskappe van polimere te bepaal. Beide instrumentele en "nat" chemiese tegnieke word bespreek.


Terug na die Macrogalleria Indeks


Kopiereg Voorbehou ©1995,1996 | Department Polimeerwetenskap | Universiteit van Suid-Mississippi