'n Stadige begin vir plastiek bottels


Hierdie storie het 'n lang aanloop. Lank terug, voor chemie nog bestaan het, was alchemie aan die orde van die dag. Alchemie was die soeke na die manier of weg om goud uit lood te maak. Deesdae weet ons dat ons 'n atomiese pers sal nodig hê om dit te kan doen. Maar, lank terug is daar geglo dat dit wel moontlik was. Verder was dit so dat, selfs tot vandag toe nog, meeste lande hul ekonomie op goud gebaseer het. Indien iemand dit dus sou regkry om goud goedkoop te produseer, sou dit so goed soos vervalsing wees, met gevolglike negatiewe effekte op die ekonomie van so 'n land. Die beoefening van alchemie is dus deur baie konings en regeerders verban.

Terwyl ons die belangrikheid van goud in gedagte te hou, kan ons lees wat 'n monnik, wat slegs bekend gestaan het as Bartolomeus die Engelsman, in sy boek On the properties of Things geskryf het. Hy het in die dertiende eeu geleef, en in sy boek vertel hy van 'n Romeinse uitvinder wat 'n onbreekbare bottel gemaak het:

"But long time past there was one that made glass pliant, which might be ammended and wrought with an hammer, and brought a vial made of such glass before Tiberius the Emperor, and threw it down on the ground, and it ws not broken but bent and folded. And he made it right and ammended it with a hammer. Then the Emperor commanded to smite off his head anon, lest his craft were known. For then gold should be no better than fen [clay], and all other metal should be of little worth, for certain if glass vessels were not brittle, they should be accounted of more value than vessels of gold."

Ons sal seker nooit weet waarmee die arme uitvinder vorendag gekom het nie, maar wat ons wel kan sê is dat Tiberius dalk net 'n bietjie haastig was. Vandag word die polimere, soos polietileentereftelaat, wat gebruik word vir die maak van onbreekbare bottles, vir 'n appel en 'n ei verkoop.


Bron: Holmyard, E.J.; Alchemy; Pelican Books, Ltd.; Marmondsworth, U.K.; 1957.

Terug na die poliëster bladsy

Terug na die Macrogalleria Indeks


Kopiereg Voorbehou ©1995,1996 | Department Polimeerwetenskap | Universiteit van Suid-Mississippi