Poliuretane


Poliuretane is die polimere wat die beste bekend is vir die maak van skuimrubbers. As jy op 'n stoel met 'n kussing sit, is die kussing tien teen een gevul met 'n poliuretaan skuimrubber. Maar poliuretane is net nie skuimrubbers nie.

Hulle is baie meer as skuimrubbers!

Poliuretane is sekerlik een van die mees veelsydige familie van polimere wat bestaan. Poliuretane kan elastomere wees, of hulle kan verwe wees. Hulle kan ook vesels wees, of ook kleefmiddels. Hulle kom omtrent orals voor. 'n Baie interessante voorbeeld van 'n poliuretaan is spandex.

Poliuretane word natuurlik so genoem omdat hulle uretaanbindings in die ruggraatketting bevat.

Die figuur bevat 'n voorbeeld van 'n eenvoudige poliuretaan, maar 'n poliuretaan kan enige polimeer wees wat uretaanbindings in die ruggraat bevat. Meer ingewikkelde poliuretane kan ook soos volg lyk:

Poliuretane word gemaak deur 'n diisosianaat met 'n dialkohol te reageer. Om uit te vind presies hoe dit gebeur, kliek hier.

Partykeer word die dialkohol met 'n diamien vervang, en is die polimeer wat ons kry poliureum (aangesien die uretaanbinding met 'n ureumbinding vervang is). Maar hulle word gewoonlik ook poliuretane genoem, aangesien hulle maar moeilik sal verkoop met 'n naam soos poliureum.

Poliuretane kan baie sterk waterstofbindings vorm, en kan dus baie kristallyn wees. As gevolg hiervan word hulle baie gebruik in blok kopolimere saam met sagte, rubberagtige polimere. Hierdie blok kopolimere het die eienskappe van termoplastiese elastomere.


Spandex

Een uitsonderlike poliuretaan termoplastiese elastomeer is spandex, wat DuPont verkoop onder die handelsnaam Lycra. Dit het beide ureum en uretaanbindings in die ruggraat. Die feit dat daar harde en sagte blokke in sy herhaaleenhede voorkom, verleen aan spandex sy spesiale eienskappe. 'n Kort polimeriese ketting van 'n poliglikol, gewoonlik so ongeveer veertig herhaaleenhede lank, is sag en rubberagtig. Die res van die herhaaleenheid, met die uretaanbindings, die ureumbindings en die aromatiese groepe, is uiters rigied. Hierdie gedeeltes is rigied genoeg sodat al die rigiede dele van die verskillende kettings kan assosieer, en sodoende vesels vorm. Die vesels is natuurlik nie die normale vesels soos waaraan ons gewoond is nie, maar bestaan uit die veselagtige seksies gevorm deur die rigiede blokke, wat aan mekaar geskakel is deur sagte, rubberagtige seksies. Die resultaat is 'n vesel wat soos 'n elastomer optree! Dit beteken dus dat ons 'n materiaal kan maak wat kan strek saam met jou soos jy oefen.


Terug na die Vlak Twee Kaart


Terug na die Macrogalleria Indeks


Kopiereg Voorbehou ©1995,1996 | Department Polimeerwetenskap | Universiteit van Suid-Mississippi