Polibutadiëen




Vir 'n vinnige oorsig oor polibutadiëen, kliek hier!

Polibutadiëen was een van die eerste tipes sintetiese elastomere, of rubbers, wat gemaak is. Dit was heel maklik om te besluit om hierdie polimeer te maak, aangesien dit baie dieselfde is as natuurlike rubber poliisopreen. Dit vind goeie toepassing in lae temperatuur omgewings. Bande, pype, seëls en ander motoronderdele word uit polibutadiëen gemaak, juis omdat dit so goed bestand is teen lae temperature (beter as ander elastomere). Baie polimere kan bros raak by lae temperature danksy hulle glasoorgang. Motorbuitebande word ook baie keer gemaak uit mengsels van polibutadiëen en ander tipes rubbers. 'n Harde rubber genaamd poli-(stireen-butadiëen-stireen),of SBS rubber, is 'n kopolimeer wat onder andere ook polibutadiëen bevat.

Polibutadiëen is 'n diëen polimeer,d.w.s. dit is 'n polimeer gemaak van 'n monomeer (butadiëen) wat twee koolstof-koolstof dubbelbindings bevat. Die polimeer word gemaak d.m.v. 'n Ziegler-Natta polimerisasie.

Dit is hoe 'n molekule van die monomeer butadiëen in 3d lyk:

Ander polimere wat as rubbers gebruik word sluit in:


Terug na die Vlak Twee Kaart


Terug na die Macrogalleria Indeks


Kopiereg Voorbehou ©1995,1996 | Department Polimeerwetenskap | Universiteit van Suid-Mississippi