Big Ralph's Sportin' Stuff

Nou ja! As jy gedink het al die polimeer goeters is net vir die wat hou van studeer, dink weer! Hier in die sportwinkel is daar baie polimere wat jou help om jou sport vinniger en beter te kan beoefen.

Basketball image

Hierdie basketbal het 'n buitenste omhulsel van leer, 'n natuurlike polimeer. Om die lug binne te hou, bevat dit 'n binnelaag van 'n rubber poliisobutileen.

Baseball Glove


Bofbal handskoene is ook gemaak van leer, en aanmekaar gestik met garing gemaak van polimeriese vesels, soos katoen,nylon en poliësters.

Tennis Racket


Die raam van hierdie tennisraket is gemaak van koolstofvesel, 'n spesiale, baie sterk, polimeer. Die snare is gemaak van nylon, en die handvatsel het 'n leer greep.


Enige drafskoen het baie dele wat van polimere gemaak is. Die sool word gemaak van 'n blok kopolimeer met die naam van polistireen-butadiëen-stireen. Die sagte materiaal binne die skoen om jou voet te beskerm word gemaak van natuurlike rubber en ook poliuretaan. Leer en nylon word gebruik vir die panele boop, en die veters kan van katoen gemaak word



Herken jy hierdie broeke wat Kelly vashou? Dit lyk byna vir my soos die tipe broeke wat 'n ou met 'n groot maag sal dra om aan die maag so 'n bietjie ondersteuning te verleen! Hulle word gemaak van 'n poliëster met die naam van poliëtileentereftalaat.

Baseball

Baie polimere word in hierdie eenvoudige bofbal-bal gevind. Die buitenste omhulsel word gemaak van leer stukke wat aanmekaar gestik is met katoen garing. Die binnekant bestaan uit katoen en natuurlike rubber.


Sports Jacket Hierdie sweetpakbaadjie is geheel en al van nylon vesels gemaak.


Fietsrybroeke soos hierdie word van 'n interessante rekbare blok kopolimeer met die naam van spandex, gemaak.

Meeste dele van "roller blades" word van poliëtileen gemaak.


Golfballetjies se buitekante word gewoonlik gemaak van Surlyn. Dit is 'n materiaal wat 'n ionomeer genoem word, en is a termoplastiese elastomeer.

Wel, golfballe sou seker geen doel gedien het as daar nie golfstokke was nie. Rodney oefen sy swaai hier met 'n drywer met 'n steel van koolstofvesel, en 'n kop gemaak van hout,'n vorm van sellulose.









Terug na die Vlak Een Kaart


Terug na die Macrogalleria Indeks


Kopiereg Voorbehou ©1995,1996 | Department Polimeerwetenskap | Universiteit van Suid-Mississippi